You are welcome to enquire about public speaking for conferences, workshops, seminars, morning teas and church services.

Sometimes life is like a letter you write to the Lord:

“Lord, my heart is breaking” and then the tears start flowing.

How many times do we allow the sad and broken circumstances of our lives to cause the same pain over and over again? All that while we know that change is possible. You have the pen in your hand.

When your life feels like a bunch of meaningless pages, with tears saying, “The hurt in me too much to handle,” put a full stop at the end of the paragraph and begin a new chapter.

Jy en alles waarvoor jy staan, die hele somtotaal van wie jy is, is vir die Here, vir jouself, vir jou man, vir jou kinders en vir die gemeente ’n verleentheid.

Die wurggreep waarin verbale boelies my gehad het, het daardie dag die oorhand gekry. Dit was nie net die een dag se woorde nie. Dit was woorde, opmerkings, skinderstories en toe die uitklop hou.

Elke vlak van my lewe was van daardie oomblik af ’n uitdaging. Persoonlik voel ek dat die geldigheid van ’n persoon se frustrasie is irrelevant. Die moedswillige aftakeling met woorde bly verbale mishandeling en geen mens het die reg om enige ander persoon se menswees so af te breek nie.

Ek het in ’n afwaartse maalkolk beland van depressie, angs, slaaploosheid, gewigstoename en vele meer. Die Kleure van lewe het in ’n oogwink verander! My selfbeeld, selfwaarde, passie, bediening en menswees was nooit weer dieselfde nie.

Verbale mishandeling is ’n slinkse manier om jou te stroop van wie jy is. Jy mag dalk nog nooit in so verhouding gewees het nie, maar vir die persoon of die vrou wat in hierdie posisie is of was is dit die afbrekende woorde wat in haar gedagtes weergalm lanknadat die ligte alreeds gedoof is.

Sy onthou nie omdat sy nie wil vergewe nie, dit het niks met vergifnis te make nie. Om te vergewe is maklik, maar hoe vee mens die woorde uit jou gedagtes uit? Geen liefdesbetuiging kan woorde “ontsê” nie, en jy kan nie woorde terugtrek nie

Enquire today!

DONKER WOORDE

Donker woorde,
kwetsende woorde, stukkende woorde
woorde van allerhande kleure en geure
Oomblikke van
o so … irrasionele woede,
woorde wat uitpeul en peul
Oë wat smeul en smeul
Kwetsende woorde
Seer woorde
Die bruid van my hart
Is nou in smart
Met woorde het ek dit gedoen
Hoe kan ek ooit met die woede versoen?

Marelize