Kleure van lewe is een van die eerste boeke in sy soort wat vir die Afrikaanse leser geskryf is. Marelize skryf vanuit ’n persoonlike ervaring met emosionele mishandeling, maar het vanweë haar behoefte om die konsep in diepte te verstaan asook slagoffers te help, ook ander se ervaring en navorsing hierby ingesluit. Daarom vloei die inhoud van hierdie boek gemaklik en laat dit die leser voel asof hul saam Marelize in die sitkamer sit en gesels met ’n goeie koppie koffie.\nDit is ’n boek, ’n verhaal en ’n handleiding waarmee meeste van die lesers sal kan vereenselwig. Die aantrekkingskrag van hierdie boek lê juis in die feit dat die inhoud die lesers, óf herinner aan hulle verlede, óf aan hulle huidige situasie. Daardeur verkry die leser die perspektief dat wat dalk gebeur, of gebeur het, nie aanvaarbaar is nie en gee ook dan so die hoop, moed en insig om die situasie te probeer verander.\n Slagoffers sal binne die bladsye van hierdie boek besef dat hul lewe betekenis het ten spyte van hul omstandighede en dat hul geluk en verandering verdien..

Dr. Hein Hofmeyr
Hein Hofmeyr Psychology
http://hhpsychology.co.za/

Kleure van Lewe is een van daardie tipe boeke wat jy nie net eenkeer lees en dis verby nie. Nee, jy gaan weer terug en lees weer daardie deel wat jou getref het. Deur die lees van hierdie boek, wat primêr oor vroue mishandeling gaan, besef ek as man maar net weer dat ons so maklik dinge sê en doen sonder om te besef watter skade dit aan ‘n vrou kan aanrig. Alhoewel die boek geskryf is en gerig word aan vroue oor die algemeen, is dit my mening dat ‘n groot poging aangewend moet word om hierdie boodskap ook by manne uit te kry. Marelize vat die emosies waardeur vroue gaan baie mooi saam in hierdie boek. Wanneer sy van tyd tot tyd die gordyn van haar eie seerkry so bietjie wegtrek, besef ‘n mens maar net weer dat niemand gevrywaar is van hierdie tipe mishandeling nie. Emosionele mishandeling is ‘n werklikheid en sy gee praktiese raad van hoe om dit te oorkom en uiteindelik ‘n beter mens anderkant uit te kom. Ek beveel die boek baie sterk aan en vertrou dat dit lig in die donkerte vir baie vroue sal wees en dat hulle sal moed skep, opstaan, en weer die lewe vierkantig in die oë sal kyk. Oorwinnings groete.

Ps. Jannie Calitz
Bet Shalom
http://www.betshalom.co.za/

What our readers say –